Druk

Hoe om die hulpgids te gebruik

Hierdie Hulpgids verduidelik hoe om hierdie TV te gebruik. Jy kan ook die Setup Guide raadpleeg vir beskrywings oor TV-installering, en die Reference Guide vir onderdeelbeskrywings, spesifikasies van hierdie TV en muurmontering.

In hierdie Hulpgids kan jy die gewenste inligting in volgorde lees of direk daarna soek. Om te soek, kies aan die bokant van die skerm.

Hulpgids-weergawes

Daar is twee weergawes van die Hulpgids vir jou TV: die Ingeboude Hulpgids en die Aanlyn Hulpgids. Om die aanlynhulpgids te sien, moet jou TV aan die internet verbind wees. Om tussen die ingeboude en aanlynweergawes te wissel, gebruik die wisselknoppie (A) aan die bokant van die skerm. Jy kan sien watter hulpgids tans vertoon word deur na die titel aan die bokant van die skerm te kyk.

  1. Koppel die TV aan die internet.
  2. Kies (A) om die hulpgidsweergawe te wissel.

Nota

  • Om die nuutste funksies te gebruik soos in die Hulpgids beskryf is, sal jy dalk die TV se sagteware moet bywerk. Vir besonderhede oor sagtewarebywerkings, sien die Sagtewarebywerkings-bladsy.
  • Die name van instellings in die Hulpgids kan verskil van dié wat op die TV vertoon word afhangend van die TV se vrystellingsdatum of jou model/land/streek.
  • Die beelde en illustrasies wat in die Hulpgids gebruik word, kan verskil, afhangende van jou TV-model.
  • Ontwerp en spesifikasies is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.

Wenk

  • Om te sien of jou TV toegerus is met een van die funksies wat in die Hulpgids beskryf word, verwys na die papierhandleiding of ’n Sony-produk katalogus.
  • Hierdie Hulpgids is geskryf vir alle streke/lande. Party beskrywings wat in hierdie Hulpgids verskyn is nie van toepassing op party streke en lande nie.