Druk

Wys ’n slimfoon/tablet se skerm op die TV met ’n MHL-kabel (slegs MHL-gesteunde modelle)

Die (MHL)-merk is langs die HDMI IN 1/MHL-poort (vir MHL-ondersteunde 2K-modelle) of die HDMI IN 2/MHL-poort (vir MHL-ondersteunde 4K-modelle).

Om ’n mobiele toestel te konnekteer met MHL-uitset

Vir 2K-modelle, konnekteer jou mobiele toestel aan die TV se HDMI IN 1/MHL-poort, maak gebruik van ’n MHL-kabel.

Vir 4K-modelle, konnekteer jou mobiele toestel aan die TV se HDMI IN 2/MHL-poort, maak gebruik van ’n MHL-kabel.

Illustration of the connection method
  1. MHL mobiele toestel
  2. MHL-kabel (nie voorsien nie)*

* Vir 2K-seine, maak seker dat jy ’n gemagtigde MHL-kabel gebruik wat die MHL-logo dra.
Vir 4K-modelle, maak seker dat jy ’n gemagtigde MHL-3-kabel gebruik wat die MHL-logo dra. Indien jou MHL mobiele toestel 4K-uitset ondersteun, gebruik ’n gemagtigde MHL-3-kabel.

Om inhoud te besigtig wat op 'n mobiele toestel gestoor is met MHL-uitset

  1. Nadat jy jou mobiele toestel gekoppel het, druk die HOME-knoppie, en kies dan die inset waaraan die mobiele toestel gekonnekteer is.

Om outomaties na die MHL-inset oor te skakel

  1. Druk die HOME-knoppie, en kies dan [Instellings] — [Eksterne toevoere] — [BRAVIA Sync-instellings] — [Outo-invoerverandering (MHL)] — [Aan]. (Afhangende van die mobiele toestel, kan die inset dalk nie outomaties oorskakel nie) Indien die TV in bystandmodus is, sal dit nie outomaties oorskakel nie.

Om ’n mobiele toestel te laai

Wanneer die TV aan is, kan die TV die mobiele toestel laai indien dit gekonnekteer is en ’n MHL-kabel gebruik.

Nota

  • Slegs slimfone/tablette wat MHL ondersteun kan hierdie funksie gebruik.

Wenk

Indien [MHL-laai tydens bystand] op [Aan] gestel is, kan die TV die gekonnekteerde MHL-toestel laai wanneer die TV in bystandmodus is.

Druk die HOME-knoppie, en kies dan [Instellings] — [Eksterne toevoere] — [BRAVIA Sync-instellings] — [MHL-laai tydens bystand] — [Aan].