Druk

3D-beelde word nie vertoon nie. Die 3D-effek is swak. (Slegs 3D-modelle)

3D-modelle het [3D-instellings] in [Instellings] — [Beeld].

  • As twee beelde langs mekaar vertoon word, druk die ACTION MENU-knoppie, kies dan [3D] — [3D-vertoning] — [3D (Sy‑aan‑Sy)].
    As twee beelde een bo die ander vertoon word, druk die ACTION MENU-knoppie, kies dan [3D] — [3D-vertoning] — [3D (Oor-Onder)].
  • As die [3D-vertoning]-skerm verskyn en 3D-beelde nie vertoon word nie moet jy die toestel wat 3D-inhoud speel afskakel en dit weer aanskakel.
  • Waargenome 3D-effek kan moontlik wissel volgens persoon.

Vir 4K-modelle

  • 3D-sein van 4K kan nie vertoon word nie.
  • Vir Passiewe 3D-bril-modelle, kyk die TV reguit van voor af. Die 3D-effek kan moontlik minder sigbaar wees afhangende van die kykposisie. Verstel die kykhoek na die skerm.

Vir Aktiewe 3D-bril-modelle

  • Maak seker daar is geen hindernis tussen die TV en die aktiewe 3D-bril nie.
  • Vervang die battery in die Aktiewe 3D-bril.
  • Maak seker die Aktiewe 3D-bril is aangeskakel.
  • Dit is nodig om jou Aktiewe 3D-bril by die TV te registreer voor gebruik. Om die bril met ’n ander TV te gebruik, is dit nodig om dit te herregistreer. Skakel die bril af voor jy dit herregistreer.
  • Koordlose toestelle of mikrogolfoonde mag moontlik die kommunikasie tussen die 3D-bril en die TV beïnvloed omdat die TV die 2,4 GHz-bandwydte gebruik. In so ’n geval, probeer om weer te registreer.
  • As ’n toestel wat nie 3D-versoenbaar is (soos ’n tuisteaterstelsel) tussen die TV en ’n 3D-versoenbare toestel verbind is, sal die TV nie 3D-beelde vertoon nie. Verbind die 3D-versoenbare toestel direk met die TV via ’n gemagtigde HIGH SPEED HDMI-kabel wat die HDMI-logo dra.