Druk

Inligting oor die gebruik van ’n USB HDD-toestel vir opname (slegs USB HDD-opneemmodelle)

USB HDD-opneemmodelle het [Neem tans toestelopstelling op] in [Instellings] — [TV-kykery].

  • Die USB-HDD-toestel moet uitsluitlik vir opneem gebruik word. Gebruik ’n afsonderlike USB-HDD-toestel om na foto’s en video’s te kyk.
  • Hierdie funksie is slegs beskikbaar op party modelle in Europa, Australië en Nieu-Seeland.
  • Slegs USB-HDD’s groter as 32 GG word ondersteun.
  • Verbinding van ’n USB-HDD-toestel via ’n USB-spil word nie ondersteun nie. Verbind die toestel direk met die TV.
  • Enige data wat op die USB-HDD-toestel gestoor word, sal uitgevee word wanneer dit geformateer is gedurende die registrasieproses. Die USB-HDD-toestel kan nie saam met ’n rekenaar gebruik word sodra dit op die TV geregistreer is nie. Om gebruik van USB-HDD-toestel op ’n rekenaar moontlik te maak, formateer dit op die rekenaar. (Let wel dat enige data op die USB-HDD-toestel geskrap sal word.)
  • ’n Maksimum van 8 USB-HDD-toestelle kan geregistreer word.
  • Slegs hierdie TV sal die opgeneemde data op die USB HDD wat by hierdie TV geregistreer is, kan speel.
  • Opneming word net gesteun vir digitale TV- en radio-uitsendings. Opneem van data-uitsendings word nie gesteun nie.
  • Gekodeerde/geënkripteerde seine kan nie opgeneem word nie.
  • Opneem kan in die volgende gevalle nie plaasvind nie:
    • Die TV kan nie die geregistreerde USB-HDD-toestel herken nie.
    • Meer as 1 000 programme word op die USB HDD-toestel opgeneem.
    • Die USB HDD-toestel is vol.
  • Outomaties seleksie van die program is dalk nie moontlik terwyl dit opgeneem word nie.
  • Opneem van ’n program is nie moontlik tensy die opneem daarvan gemagtigis nie.
  • As die TV getref word tydens USB-HDD-opname, sal geraas dalk in die opgeneemde inhoud voorkom.
  • Onder geen omstandighede sal Sony aanspreeklik gehou word vir opnamemislukking of enige skade of verlies van opgneemde inhoud wat met die TV se wanfunksionering, seinonderbreking, of enige ander probleem verband hou of daardeur veroorsaak word nie.