Jy kan aan die internet koppel, maar nie aan sekere toepassings en dienste nie.
- Die datum- en tydinstellings van hierdie TV kan verkeerd wees. Afhangend van sekere toepassings en dienste sal jy dalk nie aan daardie toepassings en dienste kan koppel as die tyd verkeerd is nie.
- Maak seker dat die LAN-kabel en AC-kragkabel (hoofleiding) van die roeteerder/modem* behoorlik gekoppel is.
- Jou roeteerder/modem moet eers opgestel word om aan die Internet te verbind. Kontak jou internetdiensverskaffer vir roeteerder/modem-stellings.
- Probeer om toepassings later te gebruik. Die toepassing se inhoudverskaffer se bediener is dalk buite aksie.
Wenk
- Vir meer inligting, besoek asseblief die Sony-ondersteuningswebwerf. Ondersteuningswebwerf