Druk

TV-kyk in 3D (3D-modelle alleenlik)

3D-modelle het [3D-instellings] in [Instellings] — [Beeld].

Jy kan kragtige 3D-vermaak ervaar, soos die stereoskopiese 3D-speletjies en 3D-Blu-ray-skywe.

Om in 3D te kyk, moet jy ’n 3D-versoenbare toestel direk met die TV koppel via ’n gemagtigde HIGH SPEED HDMI-kabel wat die HDMI-logo dra.

Illustration of a person wearing 3D glasses and watching in 3D
  1. Berei die 3D-bril voor.
  2. Vertoon die 3D-inhoud op die TV-skerm.
  3. Sit die 3D-bril op.
    Jy behoort nou 3D-beelde kan sien. Indien geen 3D-effek behaal word nie, volg die volgende stappe.
  4. Druk die ACTION MENU-knoppie en kies dan [3D].
  5. Kies die [3D-vertoning]-modus om by die vertoonde inhoud te pas. Afhangende van die invoersein of -formaat, sal [3D (Sy‑aan‑Sy)]/[3D (Oor-Onder)] dalk nie selekteerbaar wees nie.

Wenk

  • Buiten die [3D-vertoning] modus, kan jy verskeie 3D-opsies gebruik in [3D-instellings]. Druk die HOME-knoppie, en kies dan [Instellings] — [Beeld] — [3D-instellings].

Nota

  • Die 3D-effek kan moontlik minder sigbaar wees indien omgewingstemperatuur laag is.
  • Indien [Motionflow] in [Beeld] ingestel is op iets anders as [Af], kan die proses wat skermflikkering verminder gladde beweging van die beeld beïnvloed. In hierdie geval, druk die ACTION MENU knoppie, kies dan [Beeld] — [Gevorderde instellings] — [Motionflow] — [Af]. (Slegs vir modelle wat [Motionflow] ondersteun.)
    [Motionflow]-versoenbare modelle het [Motionflow] in [Instellings] — [Beeld] — [Beeld] — [Gevorderde instellings] — [Beweging].