Druk

Om ’n Blu-ray- of DVD-speler te verbind

Verbind ’n Blu-ray-/DVD-speler met die TV.

Gebruik ’n koppelmetode hieronder volgens die terminale wat op jou TV beskikbaar is.

Nota

  • Die beskikbare terminale hang af van jou model/streek/land.

Wenk

  • Jy kan ook ’n dekodeerder (kabel-/satellietboks) op dieselfde manier as ’n Blu-ray-/DVD-speler koppel.

HDMI verbinding

Vir optimale beeldgehalte, beveel ons dat jy jou speler aan die TV koppel met ’n HDMI-kabel. As jou Blu-ray-/DVD-speler ’n HDMI-prop (-sok) het, koppel dit met ’n HDMI-kabel.

Illustration of the connection method
  1. Blu-ray-/DVD-speler (dieselfde as wanneer ’n dekodeerder gekoppel word)
  2. HDMI-kabel (nie voorsien nie)*

* Maak seker dat jy ’n gemagtigde HIGH SPEED HDMI-kabel gebruik wat die HDMI-logo dra.

  • As die toestel ’n DVI-prop (-sok) het, koppel dit aan die HDMI (met AUDIO IN)-poort deur ’n DVI - HDMI-passtukkoppelvlak (nie voorsien nie), en koppel die toestel se klank-uit-proppe (-sokke) aan HDMI 3 AUDIO IN / HDMI 1 AUDIO IN.
    Beskikbaarheid hang af van jou model/streek/land. Verwys na die Reference Guide om te kyk of jou TV HDMI 3 AUDIO IN / HDMI 1 AUDIO IN ondersteun.

Komponent-videoverbinding

Indien jou Blu-ray-/DVD-speler komponent-videoproppe (sokke) het, verbind dit aan die TV met’n komponent-videokabel en -oudiokabel.

Illustration of the connection method
  1. Blu-ray-/DVD-speler (dieselfde as wanneer ’n dekodeerder gekoppel word)
  2. Komponent-videokabel (nie voorsien nie)
  3. Oudiokabel (nie voorsien nie)

Saamgesteldes-verbinding

As jou Blu-ray-/DVD-speler saamgestelde proppe (sokke) het, verbind dit met ’n saamgestelde video-/oudio-kabel.

Illustration of the connection method
  1. Blu-ray-/DVD-speler (dieselfde as wanneer ’n dekodeerder gekoppel word)
  2. Saamgestelde video/-oudio-kabel (nie voorsien nie)

Indien jy ’n analoog-verlengingskabel gebruik

Illustration of the connection method
  1. Blu-ray-/DVD-speler (dieselfde as wanneer ’n dekodeerder gekoppel word)
  2. Analoog-verlengingskabel (verskaf)*
  3. RCA-kabel (nie voorsien nie)

* Of die Analoogverlengingskabel voorsien word hang af van jou model/streek/land.